0 1 min 5 maande

Die waardasierolle is beskikbaar en kan op die SM webtuiste, http://www.swartland.org.za onder “Documents” gevind word. Dit kan ook by die SM munisipale kantoor op Yzerfontein besigtig word.

Eienaars het tot 18 Desember 2023 om 15h00 om skriftelike besware teen hulle waardasies by die munisipale kantoor in te dien op die vorm wat ook op die SM webblad beskikbaar is. Beswaar mag nie teen die rol aangeteken word nie maar slegs teen spesifieke eiendomme.

Die rol vir Yzerfontein het met sowat 64 % gestyg en dit is dus in eie belang dat eienaars ondersoek instel na hulle waardasies aangesien eiendomsbelasting daarop bereken word.