1

Snake Bite Protocol

1 maand

[dt_fancy_title title=”Tuis” title_size=”big” title_color=”title”]

Yzerfontein Inwonersvereniging (YIV) is meer as 60-jaar gelede gestig met die strewe om na die belange van die inwoners van die dorp om te sien.

 

Tans is YIV se hoofdoel om Swartland Munisipaliteit se bestuur van die dorp te bevorder.Samewerking geskied ten opsigte van instandhouding en verbetering van die infrastruktuur asook administratiewe sake wat inwoners raak.

Die Komitee

Eddie Janse – Voorsitter

Mark Durr – Ondervoorsitter

Janine Young – Publieke Verhoudings / Kommunikasie

Pieter Koen – Tesourier

Suzette Van Niekerk – Ontwikkeling



		

Foute en Probleme

Indien u probleme ondervind met enige dienste wat deur Swartland Munisipaliteit (SM) aangebied word, moet u dit direk aan die munisipaliteit rapporteer. Dieselfde geld vir enige foute.

Rapportering kan gedoen word by die Yzerfontein kantoor van SM of bel hulle.

As die probleem nie bevredigend oplos word nie, kontak ons asseblief. Ons kan dalk advies gee oor hoe om ‘n oplossing te vind of die saak self met SM aan te pak.

Let egter daarop dat YRA nie ‘n “klagtekantoor” bedryf nie en slegs betrokke raak wanneer ons glo dat die probleem die hele gemeenskap raak

Sluit by ons aan

YIV ontvang geen subsidies vanaf Swartland Munisipaliteit en is aangewese op ledebydraes om kostes te dek. Raak asb betrokke en ondersteun diegene wat na jou belange omsien.

Lidmaatskap is oop vir enige inwoner van Yzerfontein en loop van Desember tot November van ‘n kalenderjaar. Die jaarlikse ledegeld is R100.00. Registrasie en betaling kan by die Posagentskap gedoen word of per elektroniese fonds oorplasing.

[dt_default_button link=”url:https%3A%2F%2Fyzerfontein.org%2Fsluit-by-ons-aan%2F|||”]Sluit aan[/dt_default_button]